My pad met Petra het 12 jaar terug begin, net voor ek weer terug is werk toe, na my laaste seun se geboorte. Ek het haar nie geken nie en wou net die dag ontspan terwyl sy my lekker bederf deur my naels te doen. Ek het so lekker ontspan en my naels het so mooi gelyk, dat ek steeds nie my bederfie misloop nie. Petra se diens is puik, of dit jou hande, voete, lyf of gesig is. Sy sal jou altyd laat voel of jy die belangrikste klient van haar is. Dankie Petra, dat jy nie net ‘n diens lewer nie, maar dat jy altyd vriendelik en opreg is. Dankie vir die pragtige salon en dankie dat ons altyd mooi kan lyk en voel as ons dit nodig het. Dankie dat ons lief kan wees vir jou as mens.